Ons velkleurklassifikasie vir die Afrika-vel is 4/5/6.
Laserbehandeling word glad nie aanbeveel vir 6 nie (“pitch-blue-black”)
Dit veroorsaak verdere pigmentasie. Al die ander velkleure is veilig.
Hoe donkerder die velkleur - selfs blankes met blas velle - hoe meer sensitiwiteit kan ons verwag.
Donkerder velle neem langer om te “herstel”, mens koel tot 15 minute lank af met yspakke,
waar die ligter velle se irritasie met ‘n yskoue gaasdrukkie binne 5-10 sekondes verdwyn.
Swart kliënte word aanbeveel om 1- 2 Celestamine tablette en 1-2 Parasetemol tablette te neem 1uur voor behandeling.
Dit verlig rooiheid en swelling, die “pyn” tydens die sessie is nie minder nie, maar dit troos altyd !
Hoe meer sessies hulle laser, hoe minder het hulle dit nodig.
Na die tweede sessie vergeet die meeste al daarvan !
Die lasergolflengte word nie deur die water in die weefsel geabsorbeer nie, geen epidermiese wonde word veroorsaak nie.
Kliniese studies het meestal rooiheid en swelling getoon wat binne 2-3 uur herstel.
Velsorg, kroniese siektetoestande en die gebruik van medikasie is die grootste oorsake van “ander reaksies” na laserbehandelings.
Enige reaksies wat ANDERS is as wat reeds genoem is, is nie die gevolg van laserbehandeling op sig self nie, maar eerder as gevolg van:
Velprodukte, Chemikalieë, Bleikmiddels, Oormatige afskilfering, Medikasie, Sonbrand, Rook, Kroniese siektetoestande,
Die effek van mesoterapie gelyktydig met laserterapie word nie op die langtermyn vir veiligheid gewaarborg nie.
Mesoterapie met “natuurlike middels” bv. kollageen of protein, behoort nie kontra-indikasies te hê nie,
maar daar is onsekerheid oor medikasie soos Botulinum toxin (wat ‘n veluitslag kan veroorsaak)
Rooiheid en swelling is normaal op ‘n gesonde vel – wit of swart of bruin.
‘n Laseruitslag 2-3 dae na die sessie is normaal vir sensitiewe velle & aknee-lyers.
Kliënte wat met die eerste sessie uitgeslaan het,
sal weer kom laser, want hul kry steeds die voordeel van die vernuwende behandeling.
Enkele aknee-lyers kan op sensitiewe plekke, soos om die mondhoeke of onder die keel,
‘n effense uitslag kry na opvolgsessies (soos wat die vel gestimuleer word vir diepreiniging)
Kliënte wat afskilferingsprodukte soos Ro-accutane of Retin-A (vir aknee / veroudering) gebruik,
kan gelaser word wanneer hulle halfpad deur die kursus medikasie is, sonder abnormale newe-effekte.