Die hare wat die moeilikste reageer op haarverwyderingsprosesse, is haargroei wat beinvloed word deur hormoonveranderings-en versteurings.
Hare word behandel volgens die groeisiklusse, en as kliënte 'n siklus oorslaan,
is dit onmoontlik om al die hare wat in 'n GROEIFASE is, te laser.
Hare kan vir 1 tot 6 maande in rusfases wees, wat kan beteken dat u 2 of 3 behandelings kon gekry het en daar nog steeds nuwe haargroei is.
As ons dus ophou met die behandeling voordat u ten minste vyf of ses maal gelaser is,
sal daar natuurlik niks "magic" gebeur nie.
Alhoewel gesighare by verre die hare is wat die stadigste reageer op behandelings, is dit die hare waarmee ons die meeste sukses het,
bloot omdat die kliente gereeld terugkom en ons altyd op follikels werk wat in groeifases is.
Onthou daar is steeds invloede van buite is, wat u haargroei kan beinvloed of stimuleer:
ouderdom,
ras,
geslag,
oorerwing,
steroide,
hormoonwanbalans,
kroniese siektes,
medikasie
of normale veroudering.
'n Spierwit vel met 'n pikdonker haar - dit is die hare wat veronderstel is om die beste "gesien" te word deur lasers,
maar ons beste resultate met haarverwydering is op Indiers en Afrikane. Elke persoon reageer anders, ongeag wat die boek sê.
Nie skeer,
rome,
waks,
"threading" of
pluk
kan veroorsaak dat die hare vinniger groei of harder word nie.
Daar is 'n fyn lyn, tussen hoeveel laser-energie is genoeg om die haargroei te beinvloed en hoeveel energie kan velskade veroorsaak.
Verskillende soorte lasers sal dus uiteenlopende reaksies hê op individue.
Mense met sensitiewe velle loop egter die grootste risiko van velskade met harde lasers en sommige IPL's.
Laserbehandelings verstadig haargroei, laat dit sagter en ligter uitgroei en lateraan kom dit net so kol-kol uit.
En dan volg die "Cosmetically Hair Free"-fase!
Salig...